15 C
Johannesburg
Thursday, May 2, 2024

VIR ONMIDDELIKE VRYSTELLING

Must read

SAREL KLEINHANS SE DEBUUTALBUM, TRANSKEI, IS ‘N OMNIBUS VAN LIEFDESVERHALE

Party mense reken dat die liefde bloot ‘n misverstand tussen twee dwase is. Die meeste van die tyd is dit vanweë die onverstaanbare aard van die liefde. Dit is nie moontlik om die liefde te verklaar met woorde nie, want liefde is ‘n ervaring – jy moet die hele storie vertel.

Sarel Kleinhans se debuutalbum, TRANSKEI, is ‘n omnibus van die liefdesverhale.

Sarel neem met die agt liedere op die album jou op reis waar jy meer as net jou ore sal moet inspan. Die kleurryke melodieë en outentieke lirieke sal al jou sintuie stimuleer. Dis storievertelling deur musiek op sy heel beste!

Een van daardie stories is die lied TRANSKEI.

Dit is 2017. Na agt lang maande in Amerika, is Sarel se vrou uiteindelik weer tuis. Na so ‘n lang tyd is dit vanselfsprekend dat daar groot opgewondenheid heers om sy vrou weer by hom te hê.

Sy het skaars tyd gekry om haar tasse neer te sit of hulle spring in hul skedonk van ‘n kar en pak die pad van die Wes-Kaap na die Oos-Kaap aan. Alhoewel die reis n belewenis was, sou die twee nooit die indruk wat die TRANSKEI op hulle gemaak het, kon voorspel nie.

As’t ware was die indruk só groot dat dit die titelsnit van Sarel se debuutalbum sou word. “Dit was eenvoudig onmoontlik om nie ‘n lied te skryf oor die TRANSKEI nie,” vertel Sarel.

Hy deel deur sy lirieke en musiek nie net sy gedagtes oor die TRANSKEI nie; hy plaas die luisteraar in daardie oomblik, en deel die ervaring met jou.

Sarel, wat reeds vroeër vanjaar die musiekmark betree het met sy enkelsnit, BLOMMETUIN, sit sonder twyfel ‘n nuwe klank op die Afrikaanse musiekrak neer. Luisteraars kan uitsien na rustige goedvoel musiek wat jou nog lank gaan bybly.

Behalwe vir Sarel se Afrikaanse liedere, verras die album jou ook met twee Engelse snitte, TRUST en BELIEVE, wat die veelsydigheid van Sarel as skrywer en kunstenaar verder beklemtoon.

Sarel verduidelik dat musiek nog altyd deel van sy lewe was en dat sy pa en gesin die grootste inspirasie vir sy musiekloopbaan is.

Volgens Sarel is George Ezra, Valiant Swart en The Beatles die kunstenaars wat die grootste invloed op sy musiek het.

Al die liedere op die album is deur Sarel geskryf. Die vervaardiging is deur Tertius Human behartig. Die sinergie tussen die twee is opvallend en die eindresultaat is ‘n album wat vir seker volksbesit gaan word.

Sarel se debuutalbum, TRANSKEI, is beskikbaar op alle digitale platforms.

As dit voel of alle Afrikaanse musiek dieselfde resep volg, nooi ons jou uit om na Sarel se album te luister. Daar is ‘n vars klank wat jou verras sal laat regopsit en luister.

- Advertisement -

More articles

- Advertisement -

Latest article