13.5 C
Johannesburg
Friday, September 6, 2024

Bernice West is terug met nog ‘n treffer

Must read

Bernice West is terug met nog ‘n treffer

“Is jy Reg?” vra Bernice West in haar nuwe enkelsnit.

Bernice West het geen bekendstelling nodig nie. Met haar unieke styl en asemrowende stem is sy beslis die volgende evolusie van Afrikaanse Musiek.

Na die reuse sukses van haar eerste twee albums met sekere liedjies wat reeds nommer een op Apple Music se Afrikaanse enkelsnitlys was en nommer een op meeste Afrikaanse radiostasies, stel sy haar nuwe enkelsnit, As Hy Weer Kom, vry.

As Hy Weer Kom gaan oor die wederkoms en is ‘n mengsel van pop, alternatief

en ‘n bietjie maskandi.

Bernice het nuwe verse geskryf, maar die koor gedeelte is deel van ‘n ou Afrikaanse tradisionele gospelliedjie, waarvoor sy net ‘n nuwe jassie aangetrek het.

“Ek wou as kind nooit in my eie bed slaap het nie, en As Hy Weer Kom was een van die liedjies wat my ma as kind vir my gesing het. Ek het dit in die aande hardop gesing as ek my situasie van alleen in my bed slaap, moes komfronteer, met die wete dat my ma vir my gesê het: “Jy is nie alleen nie, en jy is een van Sy pêrels”

As Hy Weer Kom was ‘n groot deel van Bernice se grootwordjare en is steeds vandag, dus het sy gekies om dit op te neem, want wat die hart van vol is, loop die mond van oor.

Dis deesdae moeilik om te probeer voorspel wat die publiek wil hê of nie wil hê nie, maar, die liedjie is iets wat God op haar hart gedruk het, en sy gee dit oor in Sy hande.

“Ek love die vibe van die liedjie, en ek glo daar gaan mense daarbuite wees wat dieselfde gaan voel en gaan nodig hê om dit te hoor. Mens gaan kliphard kan saamsing en kan dans soos met Lyfie.”

Die musiekvideo se idee & konsep is gebaseer op God se wederkoms. Waarmee gaan jy besig wees as Jesus terugkom en die belangrikste: Is jy gereed?

Dit is verfilm in en om Pretoria. Dis anders, want al sit jy die klank af en kyk net na die visual, gaan jy nogsteeds die boodskap kan verstaan.

VIR MEER INLIGTING:

Leozelle Bekker: leozelle.bekker@umusic.com / 074 643 5438

- Advertisement -

More articles

- Advertisement -

Latest article