12.1 C
Johannesburg
Sunday, May 19, 2024

VIR ONMIDDELIKE VRYSTELLING

Must read

VRYSTELLING 07 OKTOBER 2022
Die immergewilde mansgroep, ADAM, is terug op die musiekfront en dié maal met mening! Hul nuutste lewering ROOI LIPPE het almal aan die praat, omdat daar reeds talle geheimsinnge leidrade tot oploop van die vrystelling bekend gemaak is op sosiale media. Alhoewel ADAM reeds meer as ‘n dekade lank aanhangers aan die dans het, beloof die manne agter die naam: Hugo Ludik, (stigterslid), Kyle Grant (Voorsanger) en Christoff de Beer (Sanger en liedjie skrywer) dat aanhangers nou kan uitsien na nuwe klanke en ‘n nuwe gevoel.

“Elke vers het ‘n betekenis en ek glo aanhangers gaan kan relate daarmee.” Verklap De Beer. Hy gesels verder en noem dat die nuwe musiekvideo nie “net ‘n video” is nie, maar eintlik ‘n skouspelagtige mini-rolprent is. “Dis ongelooflik goed gedoen en ek glo ons nuwe musiek gaan mense op die dansvloer kry.”

Kyle Grant, wat weereens die hoë note tref in hierdie lied sê dat die musiekvideo een van ADAM se hoogtepunte is. “Ek is mal oor enige iets vintage en daarom was die venue waar die video verfilm is vir my iets amazing” sê Kyle. “Ons hou van liedjies met betekenis: Dis wie ADAM is. Ons probeer om mense minder alleen te laat voel met ons liedjies se boodskappe” meen Grant, al het hy lekker gelag oor die feit dat sy karakter in die musiekvideo van Rooi Lippe, in ‘n bord pasta om die lewe kom.

Hugo Ludik wat een van die oorspronklike stigterslede van ADAM is sê die nuwe lied is ‘n “feel-good-treffer vir die lang pad.” Oor die nuwe musiekvideo verklap hy min, maar hy noem wel dat aanhangers kan uitsien na iets “spooky” wat ‘n lekker komiese blik op liefdesverhoudings bied… En sy raad: “Moet nooit met ‘n psycho uitgaan nie!”

Hugo het ook sy dank uitgespreek teenoor aanhangers wat die laaste 12 jaar die groep se musiek ondersteun en het beloof dat daar uitgesien kan word na nog hope optredes en baie nuwe musiek!

- Advertisement -

More articles

- Advertisement -

Latest article