15.4 C
Johannesburg
Friday, May 3, 2024

The Unfamiliar releases digitally in South Africa today!

Must read

Dela Wordsmith
Dela Wordsmithhttps://holylandexperience.com/situs-slot-gacor/
Dela Wordsmith is an editor and content marketing professional at Binary Means, an email marketing and sales platform that helps companies attract visitors, convert leads, and close customers.

Na die rolprent se suksesvolle vrystelling in die VSA, VK en Viëtnam, kan Suid-Afrikaners uiteindelik ook THE UNFAMILIAR op DSTV Box Office, iTunes of Google Play kyk! THE UNFAMILIAR vertel die storie van ’n Britse weermagdokter (Jemima West) wat terugkom van die oorlog af en dink dat sy aan Posttraumatiese Stresversteuring (PTSV) ly, net om te ontdek dat daar bose geeste in haar huis is. Die lewe wat sy voorheen geken het, word ingrypend verander.

Die Suid-Afrikaanse rolprentmaker, HENK PRETORIUS, ook bekend vir Leading Lady, Bakgat,en Fanie Fourie’s Lobola was die regisseur van THE UNFAMILIAR en het die draaiboek saam met Jennifer Nicole Stang geskryf. JEMIMA WEST (Indian Summers, The Mortal Instruments) en CHRISTOPHER DANE (Being Sold) vertolk die hoofrolle en die fliek is vervaardig deur die Suid-Afrikaners LLEWELYNN GREEFF (Modder en Bloed, Leading Lady) en BAREND KRUGER.  

“Ek is baie opgewonde om THE UNFAMILIAR met my vriende by die huis te deel en hoop dat ons eerste Britse gruwelprent almal sal trots maak.” – Henk Pretorius, skrywer en regisseur.   

Internasionale rolprentkritici prys Pretorius vir sy puik werk in THE UNFAMILIAR

“’n Puik eerste poging deur Pretorius, wat sy talent ten toon stel en ’n kragtige boodskap weergee.” – Craig Draheim, Ginger Nuts of Horror 

“’n Sterk rolprent, met ’n aangrypende storie, en ‘n geykte begin (spook-element) wat dan ’n verrassende rigting inslaan.” – Carl ‘The Disc’ Fisher, GBHBL

“…’n baie goeie rolprent, met goeie toneelspel en die puik gebruik van beligting om die spanning te help bou.”  Simon Ball, Simon’s Horrible Hothouse of Horror 

“Izzy se grusame ervaringe hou jou op die punt van jou stoel.” – Joseph Perry, Horror Fuel 

THE UNFAMILIAR is ’n fliek wat jy nie moet mis nie.” – Moe Long, Cup of Moe 

THE UNFAMILIAR het pas ’n SUID-AMERIKAANSE BIOSKOOP-OOREENKOMS losgeslaan, nadat dit in die nommer-twee posisie in duisende Viëtnamese bioskope geopen het en is gekies om deel te wees van APPLE se amptelik Halloween-promosieveldtog in die VSA. 

“Dit was ’n groot uitdaging om gedurende die COVID-19 pandemie ’n rolprent vry te stel en ons moes vêr uit ons gemaksone beweeg. Gelukkig het ons die ondersteuning gehad van ’n gedugte span mense, wat almal in die potensiaal van hierdie fliek glo en só het ons die mas opgekom.” – Llewelynn Greeff, vervaardiger

THE UNFAMILIAR word op 28 Oktober 2020 digitaal in Suid-Afrika vrygestel, deur FILMFINITY (EDMS) Bpk., op DSTV Box Office, iTunes of Google Play.

Sosialemediaskakels: @unfamiliarmovie www.theunfamiliarmovie.com #TheUnfamiliar

Vir medianavrae, kontak Starburst Promotions (SA): 

Alishia van Deventer / [email protected]

Bykomende Skakels en Inligting

Betrokke Partye:

DARK MATTER STUDIOS het THE UNFAMILIAR vervaardig in samewerking met Trigger Films en Onsight.

Rolverdeling: Jemima West (The Mortal Instruments, Indian Summers), Christopher Dane (Ren), Rebecca Hanssen (Tell it to the Bees, Lore, The Drowning of Arthur Braxton) en die bekendstelling van Harry McMillan-Hunt

Regisseur: Henk Pretorius Draaiboek: Henk Pretorius en Jennifer Nicole Stang

Vervaardigers: Llewelynn Greeff en Barend Kruger Produksiemaatskappy: Dark Matter Studios

“The Unfamiliar” word in Suid-Afrika vrygestel op 28 Oktober 2020

- Advertisement -

More articles

Post a Comment

- Advertisement -

Latest article