12.1 C
Johannesburg
Sunday, May 19, 2024

Nicholis Louw sings about making his breakfast strange but delicious! Coco Pops en Kaas is here!

Must read

NICHOLIS LOUW – COCO POPS EN KAAS.

VIR ONMIDDELLIKE UITREIKING

Om verskillende smake met mekaar te versoen bly ‘n kunsvorm op sy eie. Soms kom hierdie smake uit kossoorte wat jy nie normaalweg saam op een bord sou sit nie.

Daar is egter altyd daardie een persoon wat die waagmoed het om tog hierdie onbekende terrein van smake en teksture te ondersoek. Partymaal is die smake afskuwelik, maar partymaal is dit absoluut hemels.

In sy nuwe lied COCO POPS EN KAAS sing Nicholis Louw oor hierdie verskynsel en trek die metafoor deur na sy verhouding met sy vrou. Die lied beeld die onwaarskynlikheid van sukses tussen twee uiterstes uit en hoe dit op die einde saamwerk om iets beter te skep as wat die twee afsonderlik was.

Louw verduidelik dat die nostalgiese tyd van sy lewe die inspirasie agter COCO POPS EN KAAS is. “Dis ‘n ongelooflike kombinasie en COCO POPS EN KAAS was nog altyd my gunsteling kos vir ontbyt.”

Die lied sinspeel verder op vreemde kombinasie van kosse wat veronderstel is om afstootlik te wees, maar inteendeel is die gekombineerde smaak asemrowend van aard.

Nicholis Louw wat reeds groot bekendheid gewerf het met sy loopbaan verduidelik dat die nuwe lied deel is van sy oorbrugging na die country genre. Alhoewel daar ooreenkomste is met sy vorige musiek sal die lied die oor van bestaande aanhangers begelei tot sy nuwe klank.

Die lied is geskryf deur Nicholis self en die verwerking is behartig deur Robin Kielly. Die opgewekte lirieke, melodie en verwerking sal jou vinnig oortuig om saam te sing en (soos net Nicholis Louw se musiek kan) jou aanpor om op te staan en te dans.

Louw wat homself gevestig het as een van ons land se mees diverse sangers verduidelik dat hy sy musikaliteit uitbrei deur na ‘n verskeidenheid kunstenaars te luister uit verskillende genres. Sy musiek word beïnvloed deur musikante soos: Don Williams, Andrea Bocelli, Garth Brooks, Kenny Rogers en Placido Domingo.

Of jy jou neus optrek vir suiker op roosterbrood of piesang en kaneel sal jy hou van wat jy hoor met Nicholis Louw se COCO POPS EN KAAS.

Met meer as 10 albums op sy naam en verkope wat ver die half miljoenmerk verbygesteek het, beloof COCO POPS EN KAAS om spoedig ‘n treffer onder Afrikaners te word.

COCO POPS EN KAAS is nou beskikbaar op alle digitale musiekstromingsdienste.

SOSIALE MEDIA

Facebook:

Instagram:

PUBLISITEIT & BEMARKING

STARBURST PROMOTIONS

Danelle Liebenberg

Sel: 0715347796

E-pos: [email protected]

Webblad: www.starburstmusic.co.za

- Advertisement -

More articles

- Advertisement -

Latest article