22.6 C
Johannesburg
Sunday, May 19, 2024

Early B and the Jacaranda FM Drive with Rob and Roz share their experience in Mauritius!

Must read

EARLY B EN DIE JACARANDA FM DRIVE WITH ROB AND ROZ DEEL HULLE ERVARING IN MAURITIUS!

Vanaf 21 Januarie to 28 Januarie 2023, het Early B, Rob Forbes en Rozanne McKenzie van die Drive Show op Jacaranda FM ’n onvergeetlike wegbreek na Sugar Beach Resort in Mauritius geniet, met komplimente van World Leisure Holidays en Mauritius Tourism.

Hulle het aan verskeie wateraktiwiteite deelgeneem soos staanroei, snorkel, trapbote, glasbodembootritte en het ook gaan zip-line en vierwielmotorfietse in die pragtige Casela-natuurpark gery. Die kristalblou swembaddens, 5-ster-behandeling en asemrowende kuslyn en strande is beslis van die dinge wat hulle nooit sal vergeet nie!

Die Jacaranda FM Drive Show het elke dag regstreeks vanaf die oord uitgesaai en het ’n paar spesiale gaste op die program verwelkom, soos die ikoniese Mej. Wêreld (1974), Anneline Kriel, Ramesh Jeenarain (uitvoerende direkteur van World Leisure Holidays; Sunlife – groepverkoopsbestuurder), sowel as die gewilde kletsrymer, Early B.

“Sugar Beach is alles wat jy kan verwag van ’n strand-vakansieoord in Mauritius. Dis ’n pragtige plek, met lekker dinge om te doen. Ek sal baie maklik teruggaan,” sê Rob Forbes.

“Mauritius is ’n absolute droombestemming. Dit bied die perfekte kombinasie van avontuur en ontspanning. Ek kan nie wag om terug te gaan en dit vir my familie te wys nie,” voeg Rozanne McKenzie by.

Early B meen dat Mauritius regtig die perfekte vakansiebestemming is. “Dit is ’n pragtige plek, met die mooiste natuurtonele en uitsigte vanaf jou hotel. Sugar Beach is een van die beste oorde waar ek nog was. Hulle kos en skemerkelkies was ongelooflik en beslis gehelp om die perfekte eiland-gees te skep!”

Die Mauritiaanse hotelgroep, Sun Resorts, staan deesdae bekend as Sunlife. Hierdie splinternuwe hoofstuk bring ’n moderne benadering tot alle aspekte van die gaste-ervaring en bou voort op die trotse geskiedenis en erfenis wat oor die afgelope 45 jaar gevestig is. Die herlewing sluit ook die bekendstelling van die Come Alive Collection in – ’n reeks unieke oord-ervarings wat gaste kan geniet, insluitend Energy Gym, Sega Zoomba en Putting on the Ritz, om maar net ’n paar te noem.

Die vyfster Sugar Beach bied ’n opwindende kombinasie van die verlede en die hede, met glanselemente van vervloë dae en moderne luukshede vir ’n onvergeetlike vakansie-ervaring. Om by die nuwe voorkoms te pas, is dié oord se kamers en leefareas ook onlangs opgeknap om ’n tikkie weskus-glans te weerspieël.

Vir meer inligting oor die Come Alive Collection, besoek: https://www.yoursunlife.com/experiences/
Vir meer inligting oor Sunlife, besoek: www.wlh.co.za

WORLD LEISURE HOLIDAYS
Facebook: https://www.facebook.com/WorldLeisureHolidays
Instagram: @worldleisureholidays
Webwerf: www.wlh.co.za

- Advertisement -

More articles

- Advertisement -

Latest article