13.3 C
Johannesburg
Friday, May 17, 2024

Dr Eugene Allers

Must read

Dr Eugene Allers

BESPREEK VANDAG NOG !GIFT MATJILASanger en Liedjieskrywer Gift Matjila vier vriendskap in sy opregtste vorm met sy nuutste enkelsnit en musiekvideo. Gift het in 2021 sy eerste enkelsnit, Ek Staan By Jou vrygestel. Die lied was ‘n gebed wat Gift aan Suid-Afrika se boere opgedra het. Ek Staan By Jou met sy versoenende kwaliteit en patriotiese gevoel het dadelik mense saamgetrek en is ook as die temalied van Droogtehulp gebruik.

Met sy nuutste enkelsnit Bloedbroers skryf Gift oor vriendskap. ”Die spesiale ding van Bloedbroers is daai band wat tussen twee vriende vorm wat van hulle broers maak, ongeag velkleur,” vertel hy. Die lied handel spesifiek oor ‘n vakansie wat Gift saam met sy beste vriend, Wian Joubert spandeer het. ”Ons het ons eerste springbok geskiet, geleer hoe om spoor te sny, by die jetty afgespring in Doringbaai en ‘n ”roadtrip” gemaak tot op Strandfontein,” deel Gift.

”Ek wou graag ‘n liedjie oor hierdie ervaring geskryf het en het met die eerste vers begin. Wian het my gehelp om dit klaar te skryf,” het Gift verklap. Gift en Wian droom al van kleins af daar oor om saam ‘n lied te skryf. ”Dit is ‘n droom wat waar geword het. Ek en Wian het as klein laaities na Robbie Wessels geluister en gedroom daaroor om ‘n liedjie saam te skryf en nou het dit gebeur!

”Die laaste vers van die lied vertel van die tyd wat die twee vriende se paaie geskei het weens omstandighede. ” Wian het oorsee getrek vir ‘n paar jaar as gevolg van sy ouers se werk, maar die band wat ons het, het gebly. Dis daai liefde tussen broers wat nie gebreek kan word nie,” het Gift vertel.

Die regie van die musiekvideo is behartig deur bekende TV regisseur George van Rooyen wie ook toevallig Gift ontdek het tydens verfilming van Date agteruit, ‘n gewilde vlerksleep program op Via. ”Ons was besig om die tweede laaste toneel van die dag te skiet en Gift het vir my gevra of hy sy kitaar kon speel. Ek het gedink as dit goed is, is dit goeie TV en as dit sleg is, is dit ook goeie TV en ingestem,” het van Rooyen gedeel. ”Ek het egter iets gehoor wat ek nie verwag het nie. Gift het los getrek met Spoegwolf se Winter en die hele produksie span was in vervoering.” George het tydens redigering die toneel vir Vonk Musiek se Kobie Koen gewys en Gift is genader om by CoolerBox Records aan te sluit.

Die musiekvideo vertel die storie van twee boesemvriende wat saam grootgeword het en na jare weer herenig word. Die rolle word vertolk deur Gift self en een van sy beste vriende van kindsbeen af, Dawie Oberholzer. Die musiekvideo flits terug op hul kinderjare en die rol van klein Gift is vertolk deur Khumo Marumo (6) en Klein Dawie is vertolk deur Kian Gey van Pittius (6).

Ons het verskeie tonele met die seuns verfilm waar hulle onskuldige kattekwaad moes aanjaag,” het van Rooyen vertel. ”Kian en Khumo was so natuurlik voor die kamera want alhoewel hulle mekaar eers daardie oggend ontmoet het, het hulle dadelik vriende geraak. Hulle het nie besef hulle werk nie hulle het eenvoudig gespeel.

”Die twee seuns moes klippe gooi, bottels stukkend skiet met ketties en hulle moes selfs Kian se ma, Angelique, met ‘n slang skrik maak. ”Die seuns was verskriklik braaf, want die slang wat die oggend stel toe gekom het, was baie groter as wat ons verwag het. Die seuns moes die slang self vir kort rukkies (onder toesig hanteer) en hulle het dit met uiterse respek en deernis vir die dier gedoen,” vertel van Rooyen.

Die musiekvideo herroep gevoelens van nostalgie en die lekker van kind wees en van Rooyen het ‘n paar van die tonele uit sy eie kinderjare gelig, ”Ek het op ‘n plaas buitekant Humansdorp in Die Oos-Kaap groot geword en nes Gift het ek my eie Bloedbroer gehad saam met wie ek kattekwaad aangejaag het,” vertel van Rooyen. ”My beste pel was Paulus Titus, sy ouers het hom sommer Apie genoem. Ons het saam ketties geskiet en slange gevang.” Apie is ongelukkig in sy vroeë twintigs oorlede en die was vir van Rooyen ‘n geleentheid om hierdie vriendskap te eerbiedig.

Die samekoms van Gift en van Rooyen se ervaringe sorg vir ‘n treffende beeld wat die nostalgie en onskuld van kind wees en vriendskap vas vang. Hierdie is beslis ‘n lied wat jy vir jou Bloedbroer kan speel.
BLOEDBROERS
EK STAAN BY JOU
- Advertisement -

More articles

- Advertisement -

Latest article