15.8 C
Johannesburg
Thursday, May 2, 2024

Bernice West’s Lyfie is breaking the internet!

Must read

VIR ONMIDDELLIKE VRYSTELLING:

BERNICE WEST SE LYFIE HET DIGITALE PLATFORMS AAN DIE GONS!

Bernice West, met haar borrelende persoonlikheid en uitsonderlike musiektalent, het die musiekbedryf stormgeloop sedert sy in 2019 as naaswenner aangewys is van die realiteitsreeks, Maak My Famous.

Haar album, Jona, is deur die loop van 2022 uitgereik en lewer treffer na treffer op met talle van die snitte soos Jona, Nie Jou X Nie en Agter Jou wat op verskeie parades pryk!

Een van die liedjies op die album het egter op ander maniere aandag getrek!

Platebaas van Inhoud Huis Musiek, Johan Vorster, het die gawe om treffers te identifiseer.

Hy het die lied, Lyfie, ‘n paar jaar gelede gehoor en geweet daar is iets groter in as wat mense dink!

Bernice staan sinoniem met inspirasie en iemand waarna mense opkyk, insluitend ouer mense.

Alhoewel sy haar eie musiek skryf het die platemaatskappy die liedjie aan haar voorgestel met ‘n opname in gedagte.

Bernice het die potensiaal gehoor, 100% in die liedjie in gekoop en dit haar eie gemaak!

Haar unieke aanslag op die vervaardiging saam met Johan en Robin Kielly het die land aan die dans!

Jannes Erasmus noem: “Ons het die duisende Lyfie dans videos op alle sosiale media platforms gesien die afgelope maand en net opnuut besef dat die boodskap van Lyfie soveel hoop aan almal bring wat dit hoor!”

Die lied het alreeds sy verskyning op trefferparades gemaak na aanleiding van stromingsdienste se data en dit is die bewys dat luisteraars dit graag sal wil hoor op radiostasies!

- Advertisement -

More articles

- Advertisement -

Latest article