Home Music VIR ONMIDDELIKE VRYSTELLING

VIR ONMIDDELIKE VRYSTELLING

VREDE STEL MUSIEKVIDEO BEKEND VIR HUL ENKELSNIT ”DIE SON”

Afrikaanse folk band, Vrede het pas die musiekvideo vir hul enkelsnit die bekend gestel.

”Die Son” is Vrede se derde enkelsnit en volg op hul treffers, ”Perspektief” en ”Onskuld van ‘n kind.” Beide liedjies is uiters goed ontvang op Radio met Perspektief wat nommer een op Reputasie se se trefferparade gehaal het.

Francois en Storm het saam begin musiek maak in Stellenbosch, maar is oorweldig deur die sukses wat hulle behaal het sedert hulle besluit het om Johannesburg toe te trek om voltyds op hulle musiek te fokus. ”Ons was ekstaties om te sien hoe goed ons musiek vaar. Ons was geseënd genoeg om in die Huisgenoot te verskyn, Ons was ‘n paar keer op TV gewees en ons het ongelooflikke voorreg gehad om die verhoog te kan deel met kunstenaars soos Spoegwolf, Jo Black en Refentse,” het die groep vertel.

Soos wat hul naam, Vrede, aandui is Francois en Storm vredeliewend laaities wat ‘n positiewe boodskap wil uitstraal en musiek met betekenis wil skep. Hul nuwe enkelsnit, ”Die Son” is meer experimenteel en dui daarop dat Vrede bereid is om die ‘status quo’ in Afrikaanse musiek uit te daag.

”Ons wou iets nuuts en onverwags met Die Son aanpak. Ons wou ons luisteraars vang met die klasiekke groovy, reggae, bass en drum invloed wat onmiddelik die prentjie van n somervakansie en goeie memories teken,” het Storm verduidelik.

”Die Son” is deur Storm geskryf en handel oor ekstremisme, liefde en aanvaarding. ”Dit gaan oor liefde en hoe mens jou kop sal stamp maar nosteeds sal gaan vir dit. (liefde) Partykeer sien mens iets gaan nie goed uit draai nie maar jy voel mens kan nie anders nie, ” verduidelik hy.

”Die Titel sien ons as ‘n simbool van hoop aangesien ons hele sterrestelsel om die son draai. Dit simboliseer ook dat elke persoon sy eie son het waarom sy behoeftes en begeertes draai,” het Francois uitgebrei.

Vir die musiekvideo wou Vrede ‘n lekker somervakansie gevoel vasvang. Die video spring tussen tonele waar Francois en Storm in ‘n klassieke Volkwagen Kombi toer en waar hulle musiek maak saam met tromspeler, Jan Clint Smith en baskitaar-speler Jan Wolmerans op die dak van ‘n gebou. Die musiekvideo is verfilm deur Michael van Zyl en Chandre Opperman.

KYK DIE SON SE MUSIEKVIDEO HIER

Exit mobile version