Home Entertainment Skud Jou Biscuit Saam Met Multi-Platinum Early B

Skud Jou Biscuit Saam Met Multi-Platinum Early B

EARLY B BRING NUWE MUSIEK UIT

Hierdie nuwe seisoen wys sy gesig met nuwe musiek van die multi-platinum bekroonde Afrikaanse rymkletser, Earl Swartz, wêreldwyd geken as Early B. Die gewilde en talentvolle kunstenaar van Port Elizabeth het onlags op sy sosiale bladsye aangekondig dat hy die formule uitgwerk het om weereens sy ondersteuners te laat dans. Sy nuutste enkelsnit, Skud Jou Biscuit, is vol goeie energie, komiese prentjies vir die brein en vat jou beslis op daardie unieke Early B-styl rut.

Die liedjie spog met sy interessante liriese bekwaamheid soos hy met sy woorde speel en gebruik maak van ‘n selfgemaakte taal wat mense reg oor Suid Afrika gebruik het as kinders. Die titel Skud Jou Biscuit is eg aan sy tuisdorp “slang”.

Ek het hierdie as my enkelsnit gekies, net om die toon van my album voor te stel. Ek wil he my ondersteuners moet weet dat ek hier is om die musiek te bring wat hulle op ‘n “happy ride” gaan vat. Die musiek wat ek nog gaan uitbring is my perspektief op ‘n “lekke vibe” & ek het myself omtrent geniet in my “music lab” soos ek die liedjies gemaak het om almal te laat beweeg op meer as een manier.

Early B beskryf sy musiek as skilderye met woorde en hy doen dit altyd met ‘n tong in die kies wyse, vol kreatiewe kinkels en lekkervoel konsepte.

Skud Jou Biscuit is beskikbaar op alle digitale platforms, en is reg om naweke om hard gespeel te word reg oor die wêreld.

Luister hier – https://EarlyB.lnk.to/SkudJouBiscuit

VIR MEER INLIGTING OOR DIE KUNSTENAAR, KONTAK

Leozelle.Bekker@umusic.com / 074 643 5438

Exit mobile version